Eckard Potgieter - Sunnyside Hotel [CD] | Echo's Record Bar Online Store

FREE DELIVERY! When spending over R1000!

Eckard Potgieter - Sunnyside Hotel CD - MORFCD 779

Product Not
Available to Order

Unavailable


Description

Sunnyside Hotel is Eckard Potgieter se opvolg op sy hoog-aangeskrewe debuut, Spoorloos. Daar is elf snitte op die album, insluitende "No More", sy eerste Engelse komposisie. Die album se tema sluit aan by Spoorloos, maar uit n ander invalshoek. Potgieter skryf oor liefde, verraad, verslawing, verlange en sy obsessie met die dood. Hy verwoord ook sy stryd met depressie, waarvoor hy vroeer in n kliniek opgeneem is. Daar is ligter oomblike op die album ook, soos in "Ek Wens", die openingsnit, waar hy tong-in-die-kies wens "ek was die Houdini van Hannover, of die wewenaar van Waenhuiskrans, dan sou ek party Vrydagaande met al die single girls op die dorp kon dans". Maar daar is meer skaduwees as lig, net soos op Spoorloos. In "Droom #9" droom hy oor sy dood "dis die beste begrafnis wat ek nog ooit gehad het" en in "Begrafnistyd" mymer hy oor almal wat hy lewend aan die dood afgestaan het. In "Lullabye vir Lisa" skryf hy oor hoe hy na sy dogtertjie verlang het toe hy in die woestyn was. Waar Potgieter op Spoorloos die melodieƫ saam met Jan Blohm geskryf het, het hy dit op Sunnyside Hotel aan Junior Botha oorgelaat. Die musikante staan Potgieter knap by in die weef van sy landskappe. Die kitaarspel deur Theo Janse van Vuuren is deurgaans n hoogtepunt. Die verwerking deur Junior Botha maak die album meer toeganklik as Spoorloos. Corlea Botha se stem help om Potgieter se donker te verlig. Net soos Spoorloos gaan Sunnyside Hotel nie op dansvloere gespeel word nie, maar aanhangers van Afrikaanse musiek met iets meer om die lyf as Bokkie en Baby Baby behoort genoeg pitkos tussen die lyne te vind. Die laaste lyne van "No More", wat die album afsluit, som Potgieter goed op: "The struggle is over, there are no 4-leaf clovers, but it's getting over the getting over that worries me most".

Product Details

Title
Sunnyside Hotel
Artists
Eckard Potgieter
Cat No.
MORFCD 779
Barcode
6009143521032
Format
  • CD
Discs
1
Department
Music
Released
Friday 9th August 2013
Labels
Universal Music
Genre
Pop Afrikaans

Tracklisting

Sunnyside Hotel - Eckard Potgieter [CD]
1 Ek Wens Eckard Potgieter
2 Gebreekte Karavaan Eckard Potgieter
3 Brannas Eckard Potgieter
4 Sunnyside Hotel Eckard Potgieter
5 Droom #9 Eckard Potgieter
6 Toe Ons Nog Was Eckard Potgieter
7 Swart Weduwee Eckard Potgieter
8 Begrafnistyd Eckard Potgieter
9 Lullabye Vir Lisa Eckard Potgieter
10 Die Waansin Eckard Potgieter
11 No More Eckard Potgieter