Rayno - Man na God se hart [CD] | Echo's Record Bar Online Store

FREE DELIVERY! When spending over R1000!

Rayno - Man na God se hart CD - 6009802218891

Product Not
Available to Order

Unavailable


Description

Die bekende Wesrandse gospelsanger Rayno Claassens se derde album, Man na God se hart, getuig van geloof, eerbied, lofprysing, gehalte en talent! Dié Pastoor en sakeman van Krugersdorp se musiek koester ‘n sosiale boodskap van positiwiteit: blydskap, liefde en hoop. Rayno is ‘n veelsydige musiekbediener. Hy is onder meer die eienaar en gasheer van Kamp Kanaan, waar daar reeds vir die afgelope paar jaar suksesvolle jeug-, manne-, vroue- en huwelikskampe gehou word. ”Uit ondervinding van my kampbediening het ek agtergekom mense raak wanhopig en het en hul blydskap oor die lewe en hul liefde vir mekaar verloor. Hierdie ‘n goeienuus-album om ‘n oomblik te verpoos en te laat besef God wil nuwe asem inblaas met die boodskap van Geloof, Hoop en Liefde – en sodoende ‘n vreugdevolle lewe te bewerkstellig,” sê Rayno. Die album is geskryf, verwerk en geregisseer deur die bekroonde musikant en musiekvervaardiger Stass. Die album het reeds twee suksesvolle musiekvideo’s opgelewer – met voorop die treffende komposisie Vader se Lied; oorwinninggepoets. Stass en die musikante (Vinnie Henrico, Jason Moser, Johan Rautenbach en Carindé van Schalkwyk) skep klankrykheid met klawers, kitare tromme, banjo en mandolien – waarop Rayno met sy luisterryke geseënde stem die liedere met opregte, oortuigende oorgawe vertolk. Rayno vra: “Daar’s ‘n lied met jou naam op, kan jy dit hoor? Dis die Vader se lied oor jou! As jy besef wat die Vader se lied oor jou is en jy besef presies hoe Hy oor jou voel, dan wakker dit ‘n begeerte in jou op om die Godpad te kies. Laat toe dat Jesus in jou beweeg; wees ‘n man en vrou na God se hart en leef ‘n lewe wat betekenis vol is vir God en jou naaste!”

Product Details

Title
Man na God se hart
Artists
Rayno
Cat No.
6009802218891
Barcode
6009802218891
Format
  • CD
Discs
1
Department
Music
Released
Friday 15th September 2017
Genre
Afrikaans Praise & Worship

Tracklisting

Disc 1 [CD]
1 Be Still Rayno
2 Vader Se Lied Rayno
3 Hane Van Genade Rayno
4 Man na God se Hart Rayno
5 Grote Hande Rayno
6 Finish Strong Rayno
7 Liefde Leen Rayno
8 Besef Rayno
9 Aanbiddingskeurspel Rayno
10 Beweeg In My Rayno
11 Godpad Rayno
12 Ons God is Groot Rayno