Flooze - Die Bliengmasjien [CD] | Echo's Record Bar Online Store

FREE DELIVERY! When spending over R1000!

Flooze - Die Bliengmasjien CD - CDJUKE 200

Product Not
Available to Order

Unavailable


Description

Blieng-bada-blieng. Bada-blieng-blieng-blieng. Al wat jy sien, is DIE BLIENGMASJIEN. Ek scheme tien uit tien, laat ek jou vertel: Tinkerbell word Blinkerbell...

Sy is FLOOZE, die goose wat die Tennis Tune kan gooi op die beat van Boris Becker se topspin tennisballe. Sy is die blonde biker chick wat jou happy chappy groet met ‘n op-ge-pimp-de “Hoezit my Tjomma” mix. Sy is die girl wat kan move soos n Ninja uit n Kung-Fu Panda movie. Sy is DIE BLIENGMASJIEN wat met haar nuwe platinum plated pop-tunes meer gaan sparkle-sparkle as n diamant in die Kimberley se gat.

Wat kry jy as jy n spul spanners meng met silwer sequence? Flooze se nuwe album DIE BLIENGMASJIEN, my tjomma! Haar glitter-skitter album DIE BLIENGMASJIEN is hier met n beat wat homself in jou ore gaan repeat en jou speakers laat uitfreak sodat jy sal begin rittel-tittel-tit en litte skud soos n Loskopdam likewaan tot die goud in jou tande loskom en jy méér sal blieng-blieng as n botteltjie blinkertjies in die China mall

Met dié nuwe album is haar attitude Hotter as Botter want haar cheesy charm sal jou hart laat smelt vinniger as margarine in die mikrogolf.

So die groot vraag is: “Mirror mirror mirror ball, wie is die blinkste of them all?” Natuurlik DIE FLOOZE – the one and only, so potent soos outdated polonie.

Trendy. Edgy. Classy. Maak reg vir DIE BLIENGMASJIEN van die reenboognasie! 


Product Details

Title
Die Bliengmasjien
Artists
Flooze
Cat No.
CDJUKE 200
Barcode
6009707131745
Format
  • CD
Discs
1
Department
Music
Released
Wednesday 1st August 2018
Labels
Coleske Artists
Genre
Afrikaans Pop

Tracklisting

Disc 1 [CD]
1 VIP Flooze
2 Ninja Flooze
3 Die Bliengmasjien Flooze
4 Die Tennis Tune Dirk Van Der Westhuizen Feat. Sorina Die Flooze
5 Die Gym-minator Flooze
6 Hotter as Botter Flooze
7 Brille & Pille Flooze
8 Voortrekker Flooze Flooze
9 Hoezit My Tjomma [op-ge-pimp] Sorina Die Flooze