Demi Lee Moore - Mis Eet Slaap Herhaal [CD] | Echo's Record Bar Online Store

FREE DELIVERY! When spending over R1000!

Demi Lee Moore - Mis Eet Slaap Herhaal CD - CDJUKE 214

Product Not
Available to Order

Unavailable


Description

Ons verwelkom graag die nuwe vroulike-kragstem in Afrikaans. Demi Lee Moore is ’n kontemporêre kunstenaar met ’n stem wat aan jou hart gaan raak. Sy kan enige snit sing van Queen tot die sagste en mees nostalgiese Afrikaanse snitte. Sy het vir Die Kontrak ingeskryf, die treffer-sangkompetisie op Via TV op DSTV, en uit duisende oudisies haarself tot by die Top 2 gesing. Week na week het sy kykers van dié program beïndruk tot waar sy vandag een van die gunstelinge is om Die Kontrak te wen.

Haar duet op die program, saam met Monique Steyn, het selfs internasionale aandag getrek toe die oorspronklike sangeres van die lied, Diane, dit raagesien en daaroor op haar sosiale media gepraat het.

Demi Lee Moore se album bevat elf snitte, waarvan die titelsnit Mis Eet Slaap Herhaal een van vier oorspronklike snitte uit die pen van Johan Oberholzer is. Die album bevat ook ’n hartroerende weergawe van Sproeitjies en die einste duet met Monique Steyn, Diane. Sy het gehore weg geblaas met haar weergawe van Freddie Mercury se Somebody To Love en die weergawe is net so vanaf die program geneem en op Demi Lee se album geplaas.


Product Details

Title
Mis Eet Slaap Herhaal
Artists
Demi Lee Moore
Cat No.
CDJUKE 214
Barcode
6009707132056
Format
  • CD
Discs
1
Department
Music
Released
Friday 23rd November 2018
Labels
Coleske Artists
Genre
Afrikaans

Tracklisting

Disc 1 [CD]
1 Mis Eet Slaap Herhaal Demi Lee Moore
2 Viulkaan Demi Lee Moore
3 Lelie Demi Lee Moore
4 Spore Demi Lee Moore
5 Lei My Na Die Water Demi Lee Moore
6 Sproetjies Demi Lee Moore
7 Ek Is Hier Demi Lee Moore
8 Diane Demi Lee Moore Duet Met Monique Steyn
9 My Alles Demi Lee Moore
10 Gooi Jou Arms Om My Demi Lee Moore
11 Somebody To Love [Live from Die Kontrak] Demi Lee Moore