Mathys Roets - Iemand Soos Jy [DVD] | Echo's Record Bar Online Store

FREE DELIVERY! When spending over R1000!

Mathys Roets - Iemand Soos Jy DVD - DVDMVA 16

Product Not
Available to Order

Unavailable


Description

Twaalf jaar terug het Mathys Roets die eerste DVD in Suid Afrika opgeneem – Vrydag die 13de. Hierdie DVDword steeds gereeld deur klankstelselverskaffers gebruik as verwysing vir klankkwaliteit. Nou is hy en die kerngroep wat vir Vrydag die 13deverantwoordelik was, terug met Iemand soos jy. En dis nog beter. Pieter Lombaard (regisseur) en Alli Heyns (klankopname en finale meng) slaag daarin om vir die kyker ‘n belewenis te gee wat nie maklik tydens ‘n lewendige optrede ge-ewenaar sal word nie. Hoe heerlik om na nabyskote van ‘n uiters bekwame orkes wat so duidelik genot put uit hulle en mekaar se musiek te kan kyk. Boonop kry die sitkamerkyker ‘n opname van een van Roets se beste produksies nog: Onder die meesterlike Matthys Maree se musikale leiding, word die ewe briljante Mauritz Lotz, Juan Oosthuizen, Denny Lalouette, David Klassen, Brendan Ross en Rozelle Blackie die geleentheid gegee om hulle musikale vernuf behoorlik ten toon stel. Die produksie is fyn afgerond, en is ‘n heerlike kombinasie van groter orkestrasies, na kleiner en intiemer verwerkings, sodat die kyker op ‘n diverse envol reis geneem word. En vir die wat Roets gewoonlik met net rustige ballades assosieer, wag daar ook ‘n verrassing of twee. Dis ’n lywige DVD, met 20 liedjies, waarvan net …vantevore verfilm is, en waarvan vier nog glad nie op CD opgeneem is nie. Luister veral na Iemand soos jy,Fluister, Madelein, Pelgrimsgebed en Soms.Behalwe vir die hoë kwaliteit van die musiek, word die kyker ook met klein juweeltjies, Roets se gemaklike humorsin en vermaaklike oomblikke getrakteer, soos wanneer die gewoonlik stemmige Mathys Maree sy skoene moet uittrek as hy die vleuelklavier vir ‘n traporretjie verruil. As jy Iemand soos jy by die Atterbury teater gemis het, kry hierdie DVD, dit sal een van die gunstelinge in jou versameling bly.

Product Details

Title
Iemand Soos Jy
Artists
Mathys Roets
Cat No.
DVDMVA 16
Barcode
6001111000303
Format
  • DVD
Discs
1
Department
Music
Released
Monday 2nd September 2013
Labels
Coleske Artists
Genre
Afrikaans Live Concert
Age Restriction
13L
FPB Certificate No.
G/2007/0720