Suurlemoen [DVD] | Echo's Record Bar Online Store

FREE DELIVERY! When spending over R1000!

Suurlemoen DVD - 04086 DVDI

Product Not
Available to Order

Unavailable


Description

Tiaan en Zane. Twee sestienjarige pelle wat hou van skaatsplank ry, ’n blog het waarop hulle kliphard probeer om te verstaan wat in meisies se koppe aangaan, en daarvan droom om eendag hul eie rock-band te hê. Maar die moeilikheid begin toe Zane op ’n dag besluit om die Mozartbeeldjie in die musiekklas se lippe met lipstick rooi te verf. Natuurlik word hulle uitgevang. En natuurlik lei dit tot moeilikheid. Die soort moeilikheid wat behels dat jy die hele eerste span se sweterige rugbytruie moet was. Die soort moeilikheid wat sneeubal. Die soort moeilikheid waarvoor jou ouers ingeroep word om die skoolhoof te kom spreek. Die soort moeilikheid wat R30 000 kos. Dis weer meneer Marx, wat deur geheime in sy eie verlede gedryf word, wat hulle ’n uitkomkans gee; ’n Battle of the Bands-kompetisie vir skole met R30 000 prysgeld en ’n platekontrak vir die wenner. En so, met ’n oudisie wat amper skeefloop, word Liezl, die mooiste meisie in die skool, en Bongi, die nuwe meisie met ritme en attitude in haar lyf, deel van die band wat Suurlemoen! gedoop word.

Product Details

Title
Suurlemoen
Cat No.
04086 DVDI
Barcode
6003805926609
Format
  • DVD
Discs
1
Department
Movies
Released
Monday 8th December 2014
Age Restriction
PG
FPB Certificate No.
G/2013/0618