STELLA - Nuwe Môre [CD] | Echo's Record Bar Online Store

FREE DELIVERY! When spending over R1000!

STELLA - Nuwe Môre CD - MORFCD 849

Product Not
Available to Order

Unavailable


Description

Elkeen van ons smag die een of ander tyd na ’n nuwe begin... ’n tweede kans om ons drome waar te maak. STELLA se debuut solo-album, Nuwe Môre, verteenwoordig nie net die nuwe rigting waarin haar musiekloopbaan gaan nie, maar is ook iets waarby luisteraars sal aanklank vind. Die CD bestaan uit twaalf hoendervleismooi oorpronklike kontemporêre snitte, wat haar gevoelvolle stem komplementeer en selfs die kritieste oor in vervoering sal hê. Dié talentvolle sangeres en liedjieskrywer is beslis geen nuweling in die musiekbedryf nie. Sy is deel van die gospelgroep, Duis:Lig, wat in 2015 ’n Ghoema-toekenning vir Beste Gospel Album gewen het en onlangs weer vir dieselfde toekenning benoem is. Die groep het ook reeds twee Huisgenoot Tempo-benoemings ontvang. As sangeres, is sy self ook genomineer vir twee SAMA’s en ’n Huisgenoot Tempo-toekenning onder haar vorige verhoognaam, KrissTel. Sy het egter later besluit om saam met die bekroonde vervaardiger en klank-ingenieur, Jake Odendaal (wat al die afgelope vyftien jaar saam met kunstenaars soos Joe Niemand, John Ellis van Tree63, Elvis Blue en Joe Foster werk), ook te begin bou aan ’n nuwe solo-loopbaan. Haar eerste enkelsnit en musiekvideo, Nuwe Môre, is in April 2016 bekendgestel. Beide is ongelooflik goed ontvang deur radiostasies, met ’n plek in die top 20 van talle treffersparades, en kan ook gereeld op die kassie gesien word. Die tweede enkelsnit, Deur Die Liefde En Die Seer, is pas uitgereik .

Product Details

Title
Nuwe Môre
Artists
STELLA
Cat No.
MORFCD 849
Barcode
6009143566507
Format
  • CD
Discs
1
Department
Music
Released
Friday 28th April 2017
Labels
Luisternet Musiek , Universal Music
Genre
Afrikaans

Tracklisting

Disc 1 [CD]
1 Deur Die Liefde En Die Seer STELLA
2 Die Berge Blou STELLA
3 Nuwe Môre STELLA
4 Dagbreek STELLA
5 Hoop En Liefde STELLA
6 Limbo STELLA
7 Wonderwerk STELLA
8 Onthou Jy Nog STELLA
9 Carry You STELLA
10 Suid-Afrika STELLA
11 Uit Die Mond Van 'n Boom STELLA
12 Words STELLA
13 Nuwe Môre [Acoustic] STELLA