Ricus Nel - Bring Hulde Aan Worsie Visser [CD] | Echo's Record Bar Online Store

FREE DELIVERY! When spending over R1000!

Ricus Nel - Bring Hulde Aan Worsie Visser CD - CDSEL0263

Product Not
Available to Order

Unavailable


Description

Min name was in die 90’s só sinoniem met onpretensieuse-, saamsing- stampjou- voete-en-wikkel-daai-boudekuiermusiek soos dié van Worsie Visser –‘n talent wat in 1998 tragies uit die SA musiekbedryf geruk is. Sy musiek herleef met hernude skop in Ricus Nel se blinknuwe album – “Ricus Nel bring hulde aan Worsie Visser”. Hierdie album is met elk van die 12 snitte - van die intrapslag tot die laaste noot - getrou aan dit wat Visser se musiek uiters gewild gemaak het: aansteeklikesaamsing-lirieke en -wysies, sterk bas-,kitaar-, konsertina- en bekfluitjielyne en ritmes wat geen dansskoen wat sy sool werd is kan weerstaan nie. Ricus se aanvoeling vir Visser se musiek is merkwaardig en sy stem is uitgeknip vir hierdie huldeblyk, met treffers soos “Boesmanland”, “Gee die hond wind”, “Lekker ou Jan”, “Wikkel daai boude”, “Strandfontein”, “Gansbaai” en “Brannewyn laat my staan” wat - afgestof, blinkgevryf en met ‘n kraakvars warmte en energie - pronk op ‘n album wat keurig saamgestel is en sonder twyfel by menige kuier vuurwarm gespeel gaan word. Two-steps, walse, lekker skoffel sokkies en selfs ‘n rustige nommertjie of twee net so vir die asemskep – híér is iets vir enige kuiergees se smaak!

Product Details

Title
Bring Hulde Aan Worsie Visser
Artists
Ricus Nel
Cat No.
CDSEL0263
Barcode
6007124837035
Format
  • CD
Discs
1
Department
Music
Released
Friday 22nd September 2017
Genre
Afrikaans

Tracklisting

Disc 1 [CD]
1 Boesmanland Ricus Nel
2 Gee Die Hond Wind Ricus Nel
3 Lekker Ou Jan Ricus Nel
4 Rebecca Ricus Nel
5 Wiederschau Ricus Nel
6 Strandfontein Ricus Nel
7 Wikkel Daai Boude Ricus Nel
8 Tannie Met Die Rooi Rokkie Ricus Nel
9 Gansbaai Ricus Nel
10 Brannewyn Laat My Staan Ricus Nel
11 My Kontrei Ricus Nel
12 Die Bitter Van Bitterfontein Ricus Nel
13 Skadu's Teen My Muur Ricus Nel