Snotkop - Sous [CD] | Echo's Record Bar Online Store

FREE DELIVERY! When spending over R1000!

Snotkop - Sous CD - CDSEL0304

Product Not
Available to Order

Unavailable


Description

Snotkop het ‘n soliede reputasie van albums wat so oorloop van lekkerkry dat dit voel of dit onwettig behoort te wees. Sy kraakvars nuwe vrystelling, “SOUS”, is in ‘n selfs hoër liga - sterker, meer en beter in elke opsig!Van die eerste pols tot die laaste eggo in die 13 snitte wat die album beslaan is dit duidelik dat hierdie ‘n witwarm, gekonsentreerde sous, propvol Snotkop-oemf is: ritmies, selfversekerd, tong in die kies, meer as net ‘n bietjie stout, bekkig en braaf!

Daar’s dik baslyne wat enige iets binne dieselfde skakelkode as jou kuier sal skud, met ‘n gesonde dosis techno, afgewissel met meer akoestiese oomblikke, en selfs ‘n brokkie reggae en ‘n tikkie sakkie-sakkie hier en daar – iets wat ewe tuis sal wees by ‘n sokkie dansvloer, klub of ‘n strandpartytjie vir die boeke.

Meeste van die snitte het hope tempo en skop, maar daar’s ook ‘n paar wat rustiger is vir bietjie asemskep... vir diegene wie se partytjie-lywe bietjie oefening nodig het. Die snitte op die album getuig van ‘n ou wat wéét hoe om te jol en bes moontlik net slaap wanneer dit nou régtig moet. Dit sluit “Souserig”,

“Kortbroek en plakkies”, “Dik in Desember”, “Dropit soos ‘n Disprin”, “Jy raas”, “Jeukerig”, “Plat plaasmatras”en “Proe soos naweek” in. Een ding is vir seker: As jy nie met ‘n glimlag op jou bakkies geplak staan en groove saam met die ritmes van hierdie album nie, is jy waarskynlik besig om, onwetend, eintlik na iets anders te luister!


Product Details

Title
Sous
Artists
Snotkop
Cat No.
CDSEL0304
Barcode
6007124851734
Format
  • CD
Discs
1
Department
Music
Released
Friday 20th July 2018
Genre
Afrikaans

Tracklisting

Disc 1 [CD]
1 Souserig Snotkop
2 Kortbroek En Plakkies Snotkop
3 Dik In Desember Snotkop
4 Dropit Soos 'n Disprin Snotkop
5 Brannas Snotkop
6 Jy Raas Snotkop
7 Alles Gaan Okay Wees Snotkop Feat. Loki Rothman
8 Proe Soos Naweek Snotkop
9 Jeukerig Snotkop
10 Plat Plaasmatras Snotkop
11 Izzzit Snotkop
12 Moenie Dat Maandag Jou Sondag Bederf Nie Snotkop
13 Voetstoots Snotkop