Devon Jay Scott - Rubies In My Hand [CD] | Echo's Record Bar Online Store

FREE DELIVERY! When spending over R1000!

Devon Jay Scott - Rubies In My Hand CD - 6009802218792

Product Not
Available to Order

Unavailable


Description

“Musiek – die taal van emosie - was nog altyd deel van my lewe en het nog altyd my siel gevoed,” sê die sanger Devon Jay Scott. Devon het die musiekbedryf professioneel in 2002 betree. “Die koeldrank en bord kos wat ek met my eerste vertonings gekry het, was oorgenoeg! Só het mense my leer ken.” Sedertdien het dié vaardige sanger aan verskeie feeste en sangkom¬petisies deelgeneem. Nou bied hy die liefhebbers van goeie luistermusiek ‘n gehalte-album, Rubies in my hand. “My doel in die lewe en in die musiekbedryf is om positiwiteit oor mense uit te spreek. Ek probeer altyd positief wees en is passievol oor musiek. Ek verloor myself in die ritme van musiek.” Die luisteraars sal ook: in die ritme, die musiek én Devon se sonderlinge stem. Die album bevat twaalf snitte, meestal oorspronklike nuutskeppings uit die pen van die bekroonde verwerker, musikant en produksieregisseur Stass. Warren Elliott en Devon het ook enkele bydraes gelewer. Dit is ‘n kontemporêre album, met pop-, rock en selfs gospel-en alternatiewe musiekinvloede. Devon vertolk die liedjies in ‘n warm, diep baritonstyl. Stass van Stass Music het die kreatiewe verwerkings, programmering en produksie van die album hanteer. Die produksie het in 2015 afgeskop. Stass en Devon het ‘n eiesoortige klank vir dié album geskep. Die eerste liedjie waaraan hulle begin werk het, was Rubies in my hand; deur Stass geskryf. In die liedjie vang Stass die diepte en die rouheid van Devon se stem vas; versterk deur ‘n diep, roerende boodskap. Die reistog na die regte liedjies was belangrik om Devon as kunstenaar in die regte rigting te stuur. Daarom is elke snit hierop besonders. Tussen die juwele is die meevoerende ballades Rubies in my hand, Sak vol rande en ken jou soos ‘n boek, die geestelike snit Lord Take my Hand en ‘n nuwe verwerking van André Swiegers se tydlose treffer Blou. Daar is ook vrolike ritmesnitte: Warm in jou hart, 120km/h en Dis mos nou boeremusiek; gevul met kultuur-melancholie waarin die bekfluitjie en elektriese kitaar mekaar uitdaag en aanvul. Stass se kitare, banjo en mandolien, Vinnie Henrico se tromme en die harmoniesang deur Stass, Carlé van Deventer en Marilé van den Bergh skep die klankpalet waarop Devon se stemmingsvolle vertolking die luisteraar se aandag boei.

Product Details

Title
Rubies In My Hand
Artists
Devon Jay Scott
Cat No.
6009802218792
Barcode
6009802218792
Format
  • CD
Discs
1
Department
Music
Released
Friday 23rd June 2017
Labels
WOW Music Distribution
Genre
Contemporary